Veertig Ju/’hoansi San-gesinne het nou toegang tot betroubare elektrisiteit danksy ’n nuwe 253-kilowattpiek-sonkragstelsel. Die stelsel, wat deur SolarSaver gelewer is, voorsien elektrisiteit aan huise en gemeenskapsgeriewe by die nuutgestigte N/a’an ku sê Ju/’hoansi-ekodorpie in die Omaheke-streek. N/a’an ku sê se uitvoerende direkteur, Marlice van Vuuren, sê die ontwikkeling van 25 miljoen Namibiese dollar word as ’n moontlike model vir gemeenskapsontwikkelingsprojekte reg oor Suider-Afrika beskou.