Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Bipa en Namfisa versterk samewerking oor regulatoriese toesig
    Bipa en Namfisa versterk hul samewerking om regulatoriese toesig te verbeter en dit vir ondernemings makliker te maak om aan wetlike vereistes te voldoen. Die twee instellings het ’n ooreenkoms onderteken wat die uitruil van besigheidsinligting en besonderhede oor uiteindelike begunstigde-eienaarskap sal vergemaklik. Dit sal ook beter koördinering oor regulatoriese vereistes en gesamentlike bewusmakingsveldtogte moontlik maak. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het meer:
    1 min
  • 064 Motorcycle Club maan teen spoed dié feestyd
    Met die feestseisoen wat nader kom, doen die 064 Motorcycle Club ’n beroep op motoriste en motorfietsryers om padveiligheid te prioritiseer en spoed op openbare paaie te vermy. Die klub se sekretaris, Francois Freeman, maan motoriste om blindekolle na te gaan voordat hulle verbysteek of van baan verwissel. Hy herinner motorfietsryers ook om beskermende toerusting te dra, alkohol te vermy en spoedwedrenne vir renbane te hou. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Studie identifiseer parasiet-brandpunte in vyf noordelike streke
    ’n Nuwe studie het brandpunte van die potensieel gevaarlike parasiet Taenia solium in vyf noordelike streke geïdentifiseer. Die parasiet kan deur besmette varkvleis versprei en lintwurminfeksies veroorsaak. In ernstige gevalle kan infeksie ook die brein aantas en epilepsie tot gevolg hê. Die studie is in Julie en Augustus 2024 in Kavango-Wes, Ohangwena, Omusati, Oshana en Oshikoto uitgevoer. Plaaslike veearts, dr. Theuns Laubscher, verduidelik die bevindinge en die moontlike risiko vir menslike gesondheid.
    1 min
  • Bank van Namibië sal na verwagting repokoers op 7% hou
    Ná die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die repokoers onveranderd op 7,25 persent te hou, is die verwagting dat die Bank van Namibië volgende maand sy koers ook op 7 persent sal handhaaf. Die sentrale bank het vanjaar reeds twee keer rentekoerse verhoog, in Junie en Oktober. Kosmos 94.1 Nuus het met Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm, gesels oor die redes waarom geen verdere verhoging tans verwag word nie.
    1 min
  • Namibië stel eerste kernnywerheidstrategie bekend
    Namibië het sy eerste Nasionale Kernnywerheid-strategie in Swakopmund bekendgestel, met die oog op die ontwikkeling van ’n plaaslike kern-energie-bedryf. Eerste Minister Elijah Ngurare sê die strategie fokus onder meer op die plaaslike verwerking van uraan. Die regering wil ook die kernbedryf se bydrae tot die bruto binnelandse produk teen 2030 tot vier persent verhoog. Die oprigting van ’n kernkragsentrale sal egter aansienlike beplanning, belegging, kundigheid en streng veiligheidsmaatreëls verg.
    1 min
  • Vrydag, 20 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Die geheim vir 'n suksesvolle ekonomie en die oplossing vir jeugwerkloosheid is opgesluit in mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings, wat die nodige ondersteuning ontvang om sake te bedryf, luidens 'n nuwe studie. Veteraannavorser en samesteller van die verslag, Christie Keulder, brei hieroor uit.
    3 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Trump se prioriteite duidelik ná drieledige beraad met China en Rusland
    China, Rusland en Amerika het 'n gesamentlike vredesverklaring uitgereik na hul presidente se drieledige beraad in Shenzhen. Die drie lande het belowe om hervormings van die Verenigde Nasies na te streef, die voorrade van geraffineerde petroleumprodukte te verhoog en gesprekke te voer oor die vermindering van kernrisiko's. Hulle het ook herbevestig 'n kernoorlog kan nooit gewen word nie en moet nooit gevoer word nie. Die omstrede verklaring sê die Internasionale Strafhof mag nie sy jurisdiksie misbruik nie en beklemtoon immuniteit vir staatsamptenare. Die BBC se Noord-Amerikaanse korrespondent, Nada Wawfik, sê wat vir Amerikaanse president Donald Trump belangrik was.
    1 min
  • Rand onder druk: Verdere lewenskoste-stygings dreig
    Die Suid Afrikaanse rand en dus die Namibiese doller bly onder druk teenoor die Amerikaanse dollar, en indien dit so bly kan dit verdere lewenskoste-druk op verbruikers plaas. Ekonomiese raadgewer by die Optimumgroep en Betterbond in Suid-Afrika, Roelof Botha, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoekom die rand so skerp gedaal het:
    1 min