Send us Fan Mail
Matteus 25:45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’’
So baie Christene verlang vandag daarna dat Jesus in heerlikheid moet terugkeer, en dis wonderlik. Ons sing daaroor. Ons preek daaroor. Halleluja! En tog, stap ons baie keer by die arme, die sieke, die vlugteling, die vergetene by Hóm verby, sonder dat ons dit besef. Kyk jy net op na die lug en wag op Jesus se koms, terwyl jy weier om Hom raak te sien in die mense wat nou hier rondom jou swaarkry?
Die geskiedenis het al oor en oor gewys hoe rampspoedig dit is as mense blind is vir ander se nood. Vat nou maar die groot aartappel-hongersnood in Ierland gedurende die middel-1800's. Terwyl miljoene mense daar letterlik van die honger gesterf het, het die land aangehou om kos uit te voer na die ryk markte in die buiteland.
Die politieke leiers van daardie tyd het allerhande verskonings uitgedink om dit goed te praat. Selfs van die kerke het die mense wat honger ly in die steek gelaat en eerder gekies om die mense met die mag te ondersteun.
Heeltemal te veel mense het gesterf omdat ander mense hul eie gerief as belangriker beskou het as om liefde te bewys; en omdat gelowiges bang geword en stilgebly het. Dit was ’n verskriklike fout wat hulle gemaak het om nie vir Jesus ín die mense wat honger was en sleg behandel is, te herken nie.
Maar weet jy, Jesus was baie duidelik hieroor! Toe Hy verduidelik het wat op die laaste oordeelsdag gaan gebeur, het Hy hierdie woorde gesê oor die mense wat nie die armes, die behoeftiges en die randfigure wou help nie.
Matteus 25:45 En Hy sal hulle antwoord: “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’’
Hierdie woorde laat ons sonder enige verskonings. Om Jesus te volg beteken nie net om te sit en wag dat Hy op die wolke terugkom nie. Dit beteken om Hom nou al raak te sien - in die gesig van die vlugteling, in die oë van die boemelaar, en in die nood van mense wat onderdruk word.
So hier is die groot vraag: kyk jy net op na die hemel en wens dat Jesus moet kom, terwyl jy Hom miskyk waar Hy reg voor jou staan? Want as jy weier om die geringstes of onbelangrikste mens te help, weier jy om vir Jesus te help.
Die opdrag is eintlik baie maklik. Maak jou oë oop. Sien Hom raak. Dien Hom. Wys vir Hom jou liefde deur daardie geringstes lief te hê.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY