Ons as mens wil hê die lewe moet sin maak, maar soms gebeur dinge wat ons nie verstaan nie. Slegte goed gebeur ook met goeie mense. Jesus waarsku ons in Lukas 13 om nie uitsprake oor ander se lewens te maak nie, want ons ken nie die hele storie nie. Sorg liewer dat jou eie lewe vrugte dra.