Hoop Nogtans

God wil keer dat jou lewe uitmekaar rafel


Listen Later

Ek onthou die dag nog so goed. Baie jare gelede is ek besig om aan my verhandeling vir my meestersgraad te werk. Ek werk destyds op ‘n ou Burroughs rekenaar. Dis ‘n massiewe rekenaar wat die hele lessenaar volstaan. Dit was toe al oud. ‘n Universiteit het hul rekenaarstelsel opgegradeer, en so het ek een van die oues bekom. Ek was baie dankbaar. Dit was my eerste rekenaar. Iets loop skeef daardie dag. Voor my oë begin die rekenaar alles wat ek geskryf het, uitvee. Lettertjie vir lettertjie, van die laaste letter af terug. Paniekbevange probeer ek die proses stopsit. Druk knoppies. Tik goedjies. Niks werk nie. ‘n Magteloosheid oorval my. Dis of my werk voor my oë uitrafel, lettertjie vir lettertjie. Uiteindelik ruk ek die kragkabel uit die muur en hoop ek kan dit weer aankry en my materiaal herwin. ‘n Rekenaarkenner kon die rekenaar kry om te werk, maar die materiaal wat uitgewis is, kon ek nie herwin nie. Bladsye en bladsye navorsing was daarmee heen.

Hoe dikwels voel dit vir ons net nie of alles in die lewe skeefloop nie! Behoorlik of alles aan die uitrafel is. Miskien is dit presies hoe jy nou voel. Omtrent 2700 jaar gelede het ’n Hebreeuse sanger met die naam Asaf ook so gevoel. Maar sy omstandighede het hom nie moedeloos gelaat nie. Asaf het by God geleer hoe om as wenner uit die stryd te tree. Sy kosbare lewenslesse deel hy met ons in Psalm 75. Een boodskap is duidelik: GOD WIL KEER DAT JOU LEWE UITMEKAAR RAFEL.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Hoop NogtansBy Francois Bredenkamp