Goeie More Kruispadders

Goeie More Kruispadders

Download on the App Store

Goeie More Kruispadders episodes

  • Matteus 13:44-52 - Die kosbaarste skat

    In Matteus 13:44–52 vergelyk Jesus God se koninkryk met ’n verborge skat, ’n kosbare pêrel en ’n groot treknet.

    Wie die ware waarde van Jesus ontdek, besef dat Hy nie bloot nóg ’n deel van ons lewe is nie—Hy verander hoe ons naalles kyk.

    Die vraag is: Sien ons Hom nog as die kosbaarste skat?

    10 min
  • Matteus 13:24-43 - Die koninkryk groei reeds

    In Matteus 13:24–43 vergelyk Jesus God se koninkryk metkoring tussen onkruid, ’n klein mosterdsaadjie en suurdeeg wat stilweg deur deeg werk.

    Al lyk God se werk soms klein, stadig en deurmekaar, bly Jesus in beheer.

    Die kwaad sal nie die laaste woord hê nie—sy koninkryk groei reeds.

    10 min
  • Matteus 13:1–23 - Laat die wat ore het luister

    In Matteus 13:1–23 vertel Jesus van ’n saaier wie se saad opverskillende soorte grond val.

    Dieselfde woord word gehoor, maar dit word nieoral dieselfde ontvang nie.

    Jesus nooi ons om eerlik te kyk wat in ons hartemet sy Woord gebeur—en om werklik te luister.

    10 min
  • Matteus 12:38–50 - Meer as ’n teken

    Die skrifkenners en Fariseërs vra Jesus vir ’n teken, maar Hy wys hulle na die grootste teken: sy dood en opstanding.

    In Matteus 12:38–50 ontdek ons dat Jesus groter as Jona en Salomo is, dat ’n netjiese maar leë lewe nie genoeg is nie, en dat elkeen wat Hom vertrou en die Vader se wil doen, deel van sy familie word.

    11 min
  • Matteus 12:22–37 - Wat maak jy met Jesus

    Jesus bevry ’n man uit die mag van die bose, maar die mense reageer verskillend: sommige wonder of Hy die Messias is, terwyl die Fariseërs God se werk aan Satan toeskryf.

    In Matteus 12:22–37 ontdek ons dat Jesus sterker is as die bose, dat God se koninkryk in Hom naby gekom het en dat ons woorde iets verklap van wat in ons harte leef.


    11 min
  • Matteus 12.1–21 - Hy breek nie die geknakte riet nie

    Jesus wys in Matteus 12:1–21 dat barmhartigheid belangriker is as mensgemaakte reëls.

    Hy sien die honger dissipels, genees ’n man se verdorde hand en openbaar Homself as die Here van die Sabbat.

    Hy is die Een wat ’n geknakte riet nie afbreek en die kleinste vonkie hoop nie uitdoof nie.


    11 min
  • Matteus 11:25–30 – Kom na My toe

    In Matteus 11:25–30 nooi Jesus vermoeide en swaar belaste mense om na Hom toe te kom.

    Hy bied nie bloot ’n metode om beter te leef nie, maar Homself—sagmoedig en nederig van hart.

    Hierdie gedeelte herinner ons dat ware rus begin wanneer ons ons laste na Jesus bring en leer om ons lewe saam met Hom te leef.


    10 min
  • Matteus 11:20–24 – Wanneer ons sien, maar nie reageer nie

    In Matteus 11:20–24 waarsku Jesus die dorpe wat sy wonderdade gesien het, maar steeds onveranderd gebly het.

    Hierdie gedeelte nooi ons om Jesus nie só bekend te laat raak dat ons Hom miskyk nie, maar om weer met verwondering na Hom te kyk, sy stem te hoor en op sy uitnodiging te reageer.


    11 min
  • Matteus 11:1–19 – Wanneer Jesus anders is as wat ons verwag

    In Matteus 11:1–19 ontmoet ons Johannes die Doper waar hy vanuit die tronk met eerlike vrae worstel.

    Jesus verwerp hom nie, maar wys hom op wat God reeds besig is om te doen.

    Hierdie gedeelte nooi ons om ons vrae na Jesus toe te bring en Hom te vertrou—selfs wanneer Hy anders optree as wat ons verwag het.


    11 min
  • Matteus 10:34–42 – Wanneer Jesus eerste kom

    In Matteus 10:34–42 praat Jesus eerlik oor die koste daarvan om Hom te volg.

    Hy roep ons om Hom eerste te stel, ons kruis op te neem en ons lewe aan Hom toe te vertrou.

    Tog sien Jesus ook die kleinste daad van liefde raak—selfs ’n beker koue water wat in sy Naam gegee word.


    12 min

About Goeie More Kruispadders

From the publisher's feed

“Goeie More, Kruispadders!”