Goeie More Kruispadders

Goeie More Kruispadders

Download on the App Store

All Goeie More Kruispadders episodes

  • Matteus 22.34-46 - Met my hele lewe

    Jesus verbind liefde vir God met liefde vir die mens langs ons.

    Ons gesels oor wat dit beteken om Hom met ons hele hart, siel en verstand lief te hê, en hoe daardie liefde in gewone verhoudings sigbaar word.

    Dan vra Jesus self wie die Christus is — ’n vraag wat ons laat stilstaan by sy identiteit en sy plek in ons lewe.


    9 min
  • Matteus 22.15-33 - Wanneer Jesus ons anders laat kyk

    ’n Vraag oor belasting en ’n vraag oor die opstanding laat mense verstom oor Jesus se antwoorde.

    Ons gesels oor wat dit beteken om aan God te behoort en hoe maklik ons eie begrip ons verwagting van sy krag beperk.

    Jesus nooi ons om Hom te vertrou met die gewone dinge van vandag én die lewe anderkant die dood.

    9 min
  • Matteus 22.1-14 - Alles is gereed kom

    Die koning se tafel is gedek, maar die genooides wil nie kom nie.

    Dan gaan die uitnodiging tot by die kruispaaie, en die saal word vol.

    In hierdie stemnota gesels ons oor God se ruim uitnodiging, die dinge wat ons aandag vasvang en die man sonder ’nbruilofskleed.

    Hoe antwoord ons op Jesus se uitnodiging om na Hom toe te kom?

    9 min
  • Matteus 21:33-46-Wanneer Jesus van my praat

    Jesus vertel van landbouers wat die wingerd wat aan hulle toevertrou is, vir hulleself wil vat.

    Die godsdiensleiers besef dat Jesus van húlle praat.

    Dan wys Jesus na die klip wat die bouers afgekeur het en wat God die hoeksteen gemaak het.

    Die gelykenis laat ons vra: Hoe reageer ek wanneer ek myself in Jesus se woorde herken?

    9 min
  • Matteus 21.23-32 - Jy kan nog omdraai

    Die godsdiensleiers vra wie Jesus die gesag gegee het om so op te tree.

    Jesus vra hulle oor Johannes die Doper en vertel dan van twee kinders wat gevra word om in ’n wingerd te gaan werk.

    Een sê eers nee, maar kry later spyt en gaan tog.

    Sy storie laat ons vra: Waar het ek vroeër vir God “nee” gesê, en watter eerste stap kan ek vandag gee?

    7 min
  • Matteus 21:1-22 - Na die tafels omgekeer is

    Jesus ry Jerusalem binne as die sagmoedige Koning.

    Op die tempelterrein keer Hy die tafels om, en dan gebeuriets besonders.

    Blindes en verlamdes kom na Hom toe, Hy maak hulle gesond, en kinders roep “Hosanna!”

    Ons staan stil by wie dit waag om nader te kom en hoe Jesus ons, ná die ontmoeting met die vyeboom, leer om met vertroue te bid.

    8 min
  • Matteus 20:29-34 - Toe gaan staan Jesus

    Op pad na Jerusalem hoor Jesus twee blinde mans langs die pad om ontferming roep.

    Die skare probeer hulle stilmaak, maar Jesus gaan staan.

    Hy vra wat hulle nodig het, raak aan hulle oë, en toe hulle kan sien, volg hulle Hom.

    Wat wys hierdie oomblik vir ons van Jesus, en vir wie kan ons vandag stilstaan en regtig luister?

    7 min
  • Matteus 20.17-28 - Op pad saam met Jesus

    Op pad na Jerusalem vertel Jesus vir sy dissipels dat Hy gekruisig sal word en op die derde dag sal opstaan.

    Kort daarna vra die ma van Jakobus en Johannes vir die twee ereplekke langs Hom.

    Jesus roep al twaalf nader en wys hulle wat dit in sy koninkryk beteken om groot te wees.

    Hy gaan self voor deur te dien en sy lewe te gee om mense vry te maak.

    Hoe lyk dit vir ons om Hom daarin te volg?


    8 min
  • Matteus 20.1-16 - Kan ek saam met jou bly wees

    Die werkers wat heeldag in die wingerd gewerk het, kry dieselfde loon as dié wat net ’n uur gewerk het.

    Dit voel onregverdig, totdat ons hoor wat die eienaar sê.

    Hy het sy belofte aan die eerstes gehou en wou ook vir die laastes ’n volle dagloon gee.

    Só help Jesus ons verstaan dat die ewige lewe ’n gawe is, selfs vir iemand wat eers op die nippertjie na Hom toe draai.

    Kan ons saam met daardie mens bly wees?

    8 min
  • Matteus 19:16-30 - Kom hier volg My

    Matteus 19:16–30 | Kom hier, volg My

    ’n Ryk jong man vra Jesus wat hy moet doen om die ewige lewe te verkry.

    Jesus wys hom op God se goedheid en nooi hom om sy besittings te verkoop, vir die armes te gee en Hom te volg.

    Die man gaan bedroef weg.

    In hierdie stemnota dink ons saam oor wat dit vir ons moeilikmaak om Jesus te volg, en oor die hoop in sy woorde: “By mense is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik.”

    8 min