Johan van Lill praat met Marezelda Combrinck, 'n ontwikkelingskenner, en Mariette van Zyl, 'n opvoedkundige sielkundige, oor watter speelgoed goed is vir kinders se ontwikkeling. Hierdie tyd van die jaar kreun die winkels se rakke onder die speelgoed vir die feesseisoen – watter speelgoed kan my kind geniet en terselfdertyd goeie stimulasie bied vir ontwikkeling?