Die Covid-19-pandemie het ons lewe vir altyd verander, ongeag of dit endemies gaan word of nie. Vra enige kind, en jy sal 'n storie of twee hoor van verlies. Hetsy dit die dood van 'n geliefde is of vriendskappe wat weens die afstand gesneuwel het. Kinders se ware emosies en gesigsuitdrukkings kan maklik agter 'n masker weggesteek word. Hoe rus ons ons kinders toe om te midde van die voortslepende onsekerheid gegrond te bly? Anthea Fredericks praat hieroor met spesialisberader, dr. Wietske Boon.