Ons gee vir oulaas ‘n terugblik op die programme wat in 2024 groot byval gevind het. Ons luister weer na dr. Esther Marloth wat haar doktorsgraad in leerderondersteuning verwerf het. Sy het ‘n groot passie om onderwysers in die klaskamer te help met leerders se verskillende leeruitdagings. Ons fokus ook op die ondersteunende rol van grootouers.