Johan van Lill praat met Anel Kirsten, 'n pediatriese dieetkundige, oor watter rol hulle speel in die veld van kinderontwikkeling. Sy verduidelik ook wat om te doen met fitterige eters, swak eters, kinders wat medikasie neem of eetstoornisse het, en kinders wat in sport uitblink. Hoe moet ouers of versorgers hulle dieet benader?