Johan van Lill praat met Magdeleen de Kock, 'n onderwyseres en kundige oor kinders se se gebruik van tegnologie, oor hoe huishoudings tans tegnologie kan benader, hoe om kinders met tegnologie te help, en watter toepassings en webtuistes daar is om veilige en nuttige speletjies en aktiwiteite af te laai. Hulle praat ook oor veiligheid op die internet.