Die geboorte van ‘n baba is ‘n vreugdevolle tyd vir nuwe ouers, maar dit kan soms ook oorweldigend wees. Hierdie klein mensie is totaal van jou afhanklik, en jy as primêre versorger het ‘n baie belangrike rol om te speel. Wat is hierdie rol, en hoe benader ‘n mens dit? Cozette Laubser, direkteur van BabyGym en internasionaal gekwalifiseerde geboorte-opvoeder, gee raad.