Die kollig val op ‘n gesin wat die pad loop met Downsindroom. Dr. Susette Brynard, 'n afgetrede lektor van die Vrystaatse Universiteit, is die ma van Sheri Brynard, wat 43 jaar gelede gebore is met Downsindroom. Sheri is vandag ‘n internasionale spreker, skrywer en kleuterskoolonderwyseres. Susette gee ons ‘n intieme blik op hulle merkwaardige reis.