Nuus

Groot frustrasie met seekoei stropery by die Okavango


Listen Later

Daar is weer ‘n seekoei by die Okavangorivier gestroop. Die karkas is aan die Angolese kant gevind en Namibiërs het oorbeweeg om die vleis te oes. Hulle is deur Angolese owerhede gearresteer. Mark Paxton van die nabygeleë Shamvura Camp sê hulle het al met die omgewingministerie gepraat en volgens die ministerie kan Namibië niks doen nie omdat die geval in Angola was. Dit is ten spyte daarvan dat die vleis in Namibië verkoop word, volgens inwoners in die omgewing. Kosmos 94.1 Nuus het met Paxton gepraat wat sê alles is al probeer maar hulle kry geen reaksie nie.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

NuusBy Kosmos 94.1

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

2 ratings