GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • Route326: Dirk Chase 'hou dit BASIC' in die nuwe jaar
    Ons almal praat oor goals, drome en groot planne — maar wat as die antwoord nie méér is nie, maar eenvoud? Dirk Chase spreek hierdie tema aan is sy boek BASIC.

    In 'n wêreld vol chaos en afleiding, wat as die antwoord op vervulling eenvoudig is... om terug te gaan na die basiese beginsels?

    BASIC. Dis so eenvoudig. is 'n selfhelpgids wat lesers inspireer om die geraas weg te stroop en weer te verbind met wat werklik saak maak. Of jy nou verlore, oorweldig of eenvoudig vasgevang voel, hierdie boek is jou uitnodiging om helderheid, doel en vrede te herontdek.

    Verken:
    – Die krag van meditasie en bewustheid
    – Hoe om teenwoordig te wees en aandag te gee aan die wêreld rondom jou
    – Gereedskap om jou denke en jou lewe te vereenvoudig
    – 'n Vars, praktiese pad na 'n lewe met vreugde en betekenis

    Lees met 'n oop gemoed - jy mag dalk uitgedaag word, en dis die punt.

    Laat hierdie boek jou metgesel wees op die reis na 'n buitengewone lewe deur die basiese beginsels te bemeester.
    6 min
  • VERSKILMAKERS: Die Geskenkhuisie
    Die Geskenkhuisie Kersmark was ‘n groot sukses en die besoekers aan die mark het die Gemeenskapsprojek vir 2025 met soveel liefde en mooi harte ondersteun. Hul het daarop gefokus om toiletware vir behoeftige bejaardes in te samel. Barbara van Rooyen van Die Geskenkhuisie het by Sarina kom draai om die items te oorhandig. Daar is ook bekendgemaak dat Kairos se sewe tehuise hierdie skenkings sal ontvang. Dankie vir ELKEEN wat 'n bydrae gemaak het!!
    13 min
  • #GROOTtrauma | 17 Desember
    #GROOTtrauma | 17 Desember
    Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor:
    >Mediese Vasvra Vraag - Watter toestel word gebruik om bloeddruk te meet?
    >Dick Van Dyke is 100 – gaan ons ook word? – Hy deel sy geheime vir ’n lang lewe
    >Blue Christmas en wat dit beteken vir ons nooddiens-personeel
    >Human van Dyk gesels oor die Emergency Services Appreciation Drive
    >Dr Jaco se LAASTE wenk vir die JAAR!!!
    43 min
  • Aktualiteit: Mike Bolhuis oor spiking-insidente en algemene padveiligheid hierde Feesseisoen
    Motoriste op hoofroetes in en om Pretoria leef toenemend in vrees ná herhaalde voorvalle van voertuig-“spiking” wat reeds lewens geëis het. Nog ’n voorval is onlangs op die N1 aangemeld, en volgens privaat speurder Mike Bolhuis is dit deel van ’n goed-georganiseerde en uiters gevaarlike misdaadpatroon. Hy sluit nou by ons aan om meer lig te werp op hoe hierdie sindikate werk, waar die grootste risiko’s lê en wat motoriste prakties kan doen om hulself te beskerm.
    13 min
  • Episode 37 – Die Kersverhaal
    Episode 37 – Die Kersverhaal
    14 Desember 2025
    19:00 - 20:00

    Tydens die uur gesels Dr Zander van der Westhuizen en Prof Chris de Wet oor antieke tye, die geskiedenis en konteks van die Bybel en wat ons daaruit prakties kan leer vir ons lewens vandag. In hierdie episode gesels hulle oor die verskil tussen die Matteus en Lukas kersverhale. Elke evangelie het ’n ander fokus op Jesus en help ons om die boodskap van kersfees te verstaan. Luister ook na navorsingsnuus en ander interessante feite oor die Bybel.
    28 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.