GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • #OntbytMetDoepieEnNina - Steven Kitshoff oor sy nuwe boek
    Steven Kitshoff, die formidabele voormalige Springbok-stut, word op en van die veld af hoog geag vir sy dissipline en vasberadenheid – asook vir sy nederigheid, eerlikheid en hartlikheid. Nou neem hy ons verder as die strawwe skrums en Wêreldbeker-trofeë om terug te blik op 'n rugbyleeftyd wat gekenmerk word deur 'n onwrikbare toewyding aan wat die beste vir die span is.
    14 min
  • #GROOTtrauma | 23 September
    In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Pierre Nel (in die plek van Dr Jaco) oor:
    >Mediese Vasvrae Vraag - Waar of Onwaar: Jou vingers bevat geen spiere nie.
    >MIGRAINE AWARENESS WEEK: MIGRAINE IS NIE NET ’N HOOFPYN NIE
    >FANCONI-ANEMIE: Robin en Jolandie Lewis kom deel hull getuienis en leer ons meer.
    >Dr Jaco se wenk vir die week
    47 min
  • Aktualiteit: Hoe gemaak met straatligte wat nie werk nie?
    Swak straatbeligting rondom skole skep nie net ’n sigbaarheidsprobleem nie, maar kan volgens AfriForum se Groot Pretoria-Oos-tak ook ’n ernstige veiligheidsrisiko vir leerders, ouers en onderwysers inhou. Die organisasie het bevind dat verskeie skole in onder meer Garsfontein, Wapadrand, Faerie Glen en Constantiapark met onvoldoende beligting sukkel, en het daarom ’n beroep op die gemeenskap en owerhede gedoen om saam na oplossings te kyk. Fanus Johnson, voorsitter van AfriForum se Groter Pretoria-Oos-tak, sluit by ons aan.
    14 min
  • ABC van Ouerskap: S - Sosiale media
    Sosiale media is vandag deel van ons kinders se wêreld — soms lank voordat ons as ouers besef hoe groot die invloed daarvan is. Van foto’s en video’s wat ons oor ons kinders plaas, tot die ouderdom waarop hulle self toegang tot platforms kry: daar is heelwat om oor na te dink. Maar hoe beskerm ons ons kinders sonder om hulle heeltemal van die digitale wêreld af te sny? Sarina gesels met sosiale media kenner - Rianette Leibowitz.
    13 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.