GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • Ruimteweek - Die raaisel van wurmtonnels
    Dis Ruimteweek van 4-10 Oktober! Dr. Ruhann Steyn, Sterretoe ruimtefisikus sluit daagliks by ons aan met kort interessante brokkies oor die ruimte. Vandag kyk ons na wat 'n wurmtonnel is en wat dit in die toekoms moontlik vir tydreise of "time travelling" kan beteken.
    4 min
  • Borskankermaand - Rooibos kan help!
    Met Oktober as Borskankerbewusmakingsmaand, is dit ’n tyd om weer ernstig stil te staan by die siekte wat jaarliks duisende Suid-Afrikaanse vroue raak. Vroeë opsporing kan oor lewe en dood besluit, maar gereelde selfondersoeke en mammogramme word steeds te min gedoen. Iemand wat aan die voorpunt van plaaslike navorsing staan, is dr. Nicky Verhoog, senior dosent in Biochemie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy ondersoek onder meer hoe faktore soos hormone — en selfs natuurlike stowwe soos Rooibos — borskanker kan beïnvloed. Ons gesels vandag met haar oor watter vorme van borskanker daar is, hoe vroue hulself kan beskerm, en wat die jongste wetenskap sê.
    5 min
  • VERSKILMAKERS: Strive-4-Sight
    Die dames van Strive-4-Sight het vandag, op wêreld sigdag, by Sarina aangesluit om te gesels oor die verskil wat die organisasie maak om kinders met sigprobleme te help en by te staan.
    11 min
  • #GROOTtrauma | 8 Oktober
    Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita oor:
    >Mediese vasvrae: Waar of onwaar: Skizofrenie beteken dat ’n persoon ’n gesplete persoonlikheid het?
    >Yster¬tekort by vroue in Suid-Afrika beskou word as ’n “stille epidemie”.
    >Wêreld-Hospies- en Palliatiewe Sorgdag - Hanneke Lubbe, raadslid van die APCC, gesels oor die Association of Palliative Care Centres (APCC) se veldtog – “Through the Palliative Care Lens”.
    >Oktober is geestesgesondhiedsmaand en Venita gesels oor die tema: "It's Okay Not To Be Okay".
    >Venita se wenk van die week.
    36 min
  • AAMP - Meesterplan sonder die boere
    Terwyl die regering se Landbou- en Landbouverwerkingsmeesterplan (AAMP) vanjaar in Stellenbosch geëvalueer word, voel verskeie landbou-organisasies uitgesluit — onder andere Saai, WRSA en ander wat reeds in 2022 kritiek gelewer het op die plan. Volgens Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, is die AAMP besig om sy doel te mis: dit bevorder politieke ideologie bo praktiese oplossings vir boere. Hoewel TLU SA hierdie keer wel genooi is, meen TLU SA en ander dat dit steeds ’n “meesterplan sonder boere” is.
    7 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.