GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • #GROOTtrauma - 13 Augustus
    Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Elrica (in vir Venita) en Dr. Jaco van Niekerk oor:
    > Mediese vasvrae: Watter orgaan het 'n linker- en regterhelfde wat verskillende funksies verrig?
    > Protesaksie deur Operasie Dudula ontwrig gesondheidsdienste
    > Chikungunya virus versprei deur muskiete
    > Maak ons te veel staat op AI vir gesondheidsadvies?
    > Dr Jaco se mediese-wenk vir die week.
    38 min
  • #KomOnsPraatDaaroor - 13 Augustus
    Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
    44 min
  • Spreeklewe - Waar is God as jy gebroke is
    Psalm 34:19 sê:
    "Die Here is naby die gebrokenes van hart, en Hy verlos die verslaes van gees."
    Wat ’n kosbare belofte! God is nie bang vir ons seer of ons swakheid nie. Hy draai nie sy gesig weg wanneer ons hartseer is nie. In teendeel – dit is juis dan wanneer Hy naderkom, soos ’n Vader wat sy kind vashou. Die wêreld kan dalk oordeel, maar God sien ons trane en tel elkeen van hulle op.
    Jesus sê in Matteus 11:28-30:
    "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart; en julle sal rus vind vir julle siele; want My juk is sag en My las is lig."
    Jesaja 40:29-31:
    "Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen krag het nie. Selfs die jongelinge word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag. Hulle vaar op met vlerke soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie; hulle wandel en word nie mat nie."
    6 min
  • #DieGrootTrek - Andrea vind die Here in Pollsmoor
    Andrea Hendricks het baie trauma beleef as n jong meisie. Dit het later in haar lewe eers uitgekom. Weens omstandighede en die verkeerde vriende raak sy toe deurmekaar met dwelms en word toegesluit in Pollsmoor. Dit is waar haar lewe verander het. Sy deel haar storie.
    26 min
  • #DieGrootTrek - Magnolia se nuwe baadjie
    Janet du Preez en Lydia Maree van Magnolia Masekhane asook Bernard Hanekom van City of Tshwane, Direkteur van CUP (Community Upliftment Projects), het kom gesels op die GrootTrek saam met Doepie en Nina. Die twee dames het begin om Magnolia Dell weer mooi te maak en nooi die gemeenskap uit om te help.Janet du Preez en Lydia Maree van Magnolia Masekhane asook Bernard Hanekom van City of Tshwane, Direkteur van CUP (Community Upliftment Projects), het kom gesels op die GrootTrek saam met Doepie en Nina. Die twee dames het begin om Magnolia Dell weer mooi te maak en nooi die gemeenskap uit om te help.
    21 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.