13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.
Trots Suid-Afrikaans met ‘n begeerte om haar passie en talente aan die wêreld voor te stel is maar net een van die dinge wat Meelu verskriklik interessant maak. Sy gesels met Venita al die pad uit Nashville uit en vertel meer oor haar nuutste enkelsnit “Slowburner”.
Doepie en Nina gesels met skrywer, Verushka De Vita, oor haar liefdesbrief aan die oseaan, Deep Blue. Hulle praat oor alles van Free Dive, swem in antarktika en hoekom swem en water goed is vir jou gemoed.
Elandré het by Charonike en Divan op #DieGROOTBrekfis kom kuier vir 'n baie spesiale luistersessie van sy nuwe album, "Aandklank". Luister gerus weer hier.
Leierskapskenner, Anja van Beek, het met Charonike en Divan op #DieGROOTBrekfis kom gesels oor hoe leiers en werknemers hul Emosionele Intelligensie kan bou om meer suksesvol in die werksplek te funksioneer. Luister gerus weer hier.
Vir Wêreld Sjokolade dag het 'n Chocolatier, Lucia Sithole van JackRabbit Chocolate Studio, by Doepie kom kuier en hulle bederf met sjokolade wat pryse in Italië gewen het...
26 min
About GROOTfm 90.5
From the publisher's feed
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.
Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.