Ryk Kleinhans het op #DieGROOTBrekfis kom inloer om te gesels oor sy nuwe enkelsnit "Janie se nie Ja nie". Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Doepie en Nina gesels met Epidemioloog, Dr Jackie Kleynhans van die Nasionale Instituut vir oordraagbare siektes, oor die nuutste Covid en griep variante en of ons bekommerd moet wees of nie.
Chris Bertish staan reg in California om n reis van tussen 18-23 dae aan te pak sonder enige hulp of bystand na Hawaii. Hy vertel ons waarom hy dit doen en wie baat gaan vind hierby.
16 min
About GROOTfm 90.5
From the publisher's feed
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.
Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.