GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • #OntbytMetDoepieEnNina - Dr. Pieter Groenewald
    Minister van Korrektiewe Dienste, Dr Pieter Groenewald, kuier by #ONTBYT saam met Doepie en Nina. Dr Groenewald gesels oor die parool-proses, oorbevolking in ons tronke en die uitdagings wat met onwettige immigrante gepaard gaan.
    29 min
  • #GROOTtrauma | 1 Julie
    In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor:
    >Mediese Vasvrae Vraag - Watter orgaan in die menslike liggaam is by geboorte amper dieselfde grootte as in volwassenheid?
    >Ashwagandha: Natuurlike hulpmiddel of nuwe gesondheidsrisiko?
    >Dr Ben Moodie - Baanbreker-operasie gee nuwe hoop vir Alzheimer-lyers
    >Dr Jaco se wenk vir die week
    41 min
  • Aktualiteit: Pretoria se watergehalte onder die vergrootglas
    Die Vryheidsfront Plus waarsku oor die toestand van die Stad Tshwane se afvalwater-behandelingsaanlegte. Volgens die jongste kwartaallikse toesigverslag voldoen verskeie aanlegte aan minder as 'n derde van die vereiste standaarde – iets wat volgens die party ernstige gevolge vir die omgewing, openbare gesondheid en watergehalte inhou. Sarina gesels met Nick Pascoe van die Vryheidsfront Plus.
    11 min
  • World Food Photography Awards: Louhani Els
    Kos vertel stories – van familie, kultuur, herinneringe en selfs genesing. Vanjaar is Suid-Afrika trots op fotograaf Louhani Els, wat internasionale erkenning ontvang het by die 2026 World Food Photography Awards. Haar beeld Food Altar – Sardines and My Dad is hoog aangeslaan in die Cake Award-kategorie en vertel ’n diep persoonlike verhaal van rou, herinnering en versoening. Vandag gesels ons met Louhani oor die storie agter die foto, haar kreatiewe proses en hoe ’n enkele beeld soveel emosie kan vasvang.
    8 min
  • Myan Subrayan
    Annelie gesels met Myan Subrayan oor sy werk met van ons land se Grootste sportsterre, sy getuienis en dat hy geskiedenis gemaak het as die eerste Indier wat as spreker in Afrikaans by die Voortrekker monument opgetree het. En oor die ware "Curry Cup"
    16 min
  • #OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 1 Julie
    Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
    Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
    Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
    Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

    Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
    5 min
  • #OntbytMetDoepieEnNina - Tasha (Droomland)
    Bekend as een derde van BlackByrd, kom vertel Tasha ons meer oor haar nuwe vrystelling se meer intieme en kwesbare kant. Droomland vang daardie stil, amper spookagtige ruimte tussen onthou en loslaat, waar iemand nog by jou bly, lank nadat hulle weg is.
    17 min
  • #WeeksdaeVibesMetVenita - Loufi | 30 Junie
    Loufi gesels saam met Venita op #WeeksdaeVibes oor sy nuwe enkelsnit, “Huis Toe”. Hy vertel wie en waar sy “huis” is, én waarom hy sy hart oopmaak deur sy musiek vir mense wat genesing en hoop daarin vind.
    41 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.