GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • Willie Joubert kuier by GROOTfm
    Die sanger, Willie Joubert, vier 37 jaar as Bedieningsleier en hy het met Charonike gesels oor wat hom vrede gee, sowel as sy nuwe album met 18 splinternuwe liedjies, wat nou beskikbaar is.
    22 min
  • Oppinuus - Meta saak
    Annelie gesels met advokaat Tanya de Villiers oor die META (Facebook, Instagram, whatsapp en Threads) en Youtube hofsaak wat bevind het die platforms het weggesteek hoe verslawend hul platforms is en dit selfs aangemoedig het.
    10 min
  • April fools grap gaan GROOT
    Wat begin het as 'n prettige plasing op die "Ek's van die Ooste"-Facebookgroep, waarin Wendy Ward vir haar man 'n April Fool's poets wou bak, het vinnig ontaard in GROOT pret vir die mense van die Ooste. Sarina gesels met Donovan Ward - die "slagoffer" van die poets.
    7 min
  • VERSKILMAKERS: Dinner in the Dark
    Dinner in the dark is 'n unieke fondsinsamelingsprojek deur Prinshof Skool vir leerders met siggestremdheid, waar besoekers 'n driegangmaaltyd geniet terwyl hul geblinddoek is! So ervaar 'n mens hoe dit voel om werklik nie te kan sien nie!
    Sarina het in Mid-Oggend met Andrea Niemand en skoolhoof, Karin Swart oor die geleentheid gesels.
    12 min
  • #OntbytMetDoepieEnNina - Ruhan Du Toit (Dit Sal Lekker Wees, Dankie)
    Die gewilde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Ruhan du Toit is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Dit Sal Lekker Wees, Dankie”, wat nou op alle digitale platforms beskikbaar is. Met ’n vars Afrikaanse country/rock-klank bring dié liedjie ’n ligte, saamsing energie wat perfek pas by Ruhan se kenmerkende styl.
    20 min
  • #GROOTtrauma | 1 April
    In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor:
    >Mediese Vasvrae Vraag - WAAR/ONWAAR - Blou lippe kan ’n teken wees van lae suurstofvlakke in die bloed.
    >Nuwe operasie laat Suid-Afrikaner sy oogkleur permanent verander
    >Vitamien-vapes: Is dit gesond?
    >Nuwe studie onthul drie tipes ADHD
    >Dr Jaco se wenk vir die week
    44 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.