"Wat sal gebeur as Jesus vir ‘n dag lank JY- sou word?
Wat sal gebeur as Jesus in jou bed sou wakker word, in jou skoene sou rondloop, in jou huis sou bly, en jou program sou volg?
Alles bly dieselfde. Jou gesondheid verander nie. Jou omstandighede verander nie. Jou dagprogram bly presies dieselfde.
Net een verandering vind plaas!
Wat sal gebeur as Jesus vir een dag jou lewe sou leef - maar…met sy hart?
Met ander woorde: Jou hart kry die dag af, en jou liggaam en lewe word nou gelei deur die hart van Christus.
Wat sal mense dan "anders" agterkom van jou?