Hugo Weich bedien oor die onderwerp, “Vergroot jou Verwagting” Jy gaan vroeg in die nuwe jaar so bietjie uitgedaag word oor jou lewenspatrone. Die Woord self gaan so bietjie aan ons geloof kom torring.
Daar is BESLIS iets BETER as NORMAAL. En daar is gevaar daarin om dalk agv Isolasie of iets anders, ‘n beperkte verwagting op die oorwinnings lewe saam met Christus te hê. Of dat jy gemaklik geraak het binne ‘n “nuwe normaal”.
Dalk is dit juis NOU die tyd om so bietjie uit daardie ‘normale gemaksone’ uitgelig te word en te ontdek wat God met jou lewe wil en kan doen.