Ware liefde vra klein, konsekwente dingetjies elke dag. Dis ’n tydsame proses, ’n elke dag se besluit. Dis opoffering en toegewing en vinnige vergifnis. Dis aanpassing en genade en geduld. Dit is moeilik. Dit vra deurdruk en aanhou, terug staan en die minste wees.