Boodskappe uit die Woord

Boodskappe uit die Woord

By Harmonie GemeenteReligion & Spirituality
Download on the App Store

Boodskappe uit die Woord episodes

  • Teleurgesteld maar nie gebroke nie... - Hugo Weich, 3 Oktober 2021
    Ons almal beleef van tyd tot tyd teleurstellings. Wat maak jy daarmee? Hoe beïnvloed dit jou lewe?
    Dis ‘n boodskap met soveel dieptes, oor teleurstelling en gebrokenheid, en waar is GOD in dit......maar tog kom daar soveel HOOP en MOED uit die eenvoud van Psalm 23 se versie wat sê.......U maak my hoof vet met olie!!!
    20 min
  • Liefde wat waagmoedig is! - Rocco van Rooyen, 26 September 2021
    LIEFDE WAT WAAGMOEDIG IS.
    Stel jy belang in DIEPER? Dieper LIEFDE, Dieper WAAGMOED! ......
    Nie in die oseaan nie, maar in jou geloof; in jou dag tot dag wandel met God. Kan 'n mens DIEPER in die liefde van God ingaan? So DIEP daarin sink dat jy niks anders sien nie?
    Kan ‘n mens SO DIEP in geloof ingaan, so diep daarin sink dat jy aanhou WAAG, dat jy niks van twyfel raaksien nie? Kan ‘n mens WAAG sonder GELOOF?
    16 min
  • Die Hemel se poskantoor. - Rocco van Rooyen, 12 Septmember 2021
    Mens vergeet soms vanwaar jy af kom, waarvoor jy al in die verlede gebid het en al die kere wat die Here al deurgekom het (op Sy manier) en; Dat daar soveel genade al op jou lewenspad was tot hier.
    Dalk ʼn werk wat jy gekry het?
    Dalk in besigheid!
    Dalk met die liefde of verhoudings - wat ookal die verhaal van jou lewe is, as jy ‘n klompie jare sou “rewind" – dan was daar NIKS; en nou is daar… IETS.
    Ons almal se paaie VERSKIL!
    Jou blessings en jou uitdagings kruis jou pad vir ‘n rede - wees net DANKBAAR; want God, wat alles gemaak het en wat die ewigheid in Sy hande VASHOU, het jou persoonlik lief! Hy gaan enduit saam met jou wees!
    21 min
  • Hoekom gebeur daar slegte goed met goeie mense? - Hugo Weich, 5 September 2021
    Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?
    Hoekom is die wêreld NOU in die toestand waarin hy is?
    Hoekom laat God lyding toe?
    Waar is God as ons slagoffers is van misdaad?
    Is God kwaad vir my as iets sleg met my gebeur?
    Ek is baie seker dat die meeste van ons al dikwels met van hierdie vrae geworstel het. Dalk is jy juis nou in 'n drukgang, dalk is jy op 'n punt dat jy voel jy kan nie meer nie, dan wil ek graag met hierdie boodskap vir jou HOOP uit God se Woord bring.
    25 min
  • Blind vir die toekoms - Rocco van Rooyen, 29 Augutus 2021
    Ons hou nie almal van die donker nie, en veral op plekke waar ons min of niks kan sien nie. Maar ons loop daarin as ons moet. En ons het rede om versigtig te wees: want ons is blind.
    Ons kan nie sien wat in die toekoms gaan gebeur nie. Ons visie strek niks verder as nou nie. Ek kan nie eens met sekerheid sê wat volgende gaan gebeur nie...
    Ons is sonder uitsondering, absoluut, onveranderlik blind.
    Jesus vra van Jaïrus om die onsienlike te sien. Om 'n keuse te maak. Om óf volgens die feite te lewe óf deur die geloof te sien. Wanneer ek deur 'n tragedie getref word, moet ek ook kies wat ek sien. Ek kan óf die seer óf die Geneser raaksien.
    21 min
  • Help Here, my hart is vol kommer! - Hugo Weich, 22 Augustus 2021
    Help my Here, my hart is vol kommer!
    Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie."
    Die boodskap is veral as jy tans oorweldig is deur die groot eise van die lewe en met groot bekommernis.
    19 min
  • 'n Leefsyl Keuse! - Francois Mouton, 15 Augustus 2021
    Francois deel met ons oor die onderwerp: Jesus....`n Leefstyl Keuse!!! - wat ook die credo van Harmonie Gemeente is.
    Daar is niks wat jou so nader trek aan God as `n uitdaging in jou lewe nie. `n Krisis in jou lewe veroorsaak dikwels dat jy die aangesig van God soek. As `n krisis in jou lewe jou nader aan God gebring het, dan ten minste was dit die moeite werd.
    Dikwels is dit presies wat God daardeur wil bereik.
    Hy wil by jou uitkom, tot jou deurdring, om `n totale oorgawe aan Hom te maak en jou omstandighede vir Hom te gee. Hy wil jou op die plek bring waar Hy regtig die enigste oorblywende opsie is.
    19 min
  • Hoekom, Hugo Weich - 1 Augustus 2021
    HOEKOM? As God dan in beheer is, hoekom gebeur die dinge met my?
    Dit is een ding om in die Here bly te wees wanneer dit goed gaan, maar wanneer die lewe teen jou draai? Is dit hoe God goeie gedrag beloon? Doen jou bes, en dit is wat jy kry? Hoekom moet ek hierdie las dra - “Waar is God in al hier die dinge?"
    Ver weg? Afsydig?
    Hoekom laat God toe dat uitdagings oor ons pad kom?
    Sal 'n almagtige God dit nie keer nie?
    22 min

About Boodskappe uit die Woord

From the publisher's feed

Podcast by Harmonie Gemeente