HOEKOM? As God dan in beheer is, hoekom gebeur die dinge met my?
Dit is een ding om in die Here bly te wees wanneer dit goed gaan, maar wanneer die lewe teen jou draai? Is dit hoe God goeie gedrag beloon? Doen jou bes, en dit is wat jy kry? Hoekom moet ek hierdie las dra - “Waar is God in al hier die dinge?"
Ver weg? Afsydig?
Hoekom laat God toe dat uitdagings oor ons pad kom?
Sal 'n almagtige God dit nie keer nie?