Francois deel met ons oor die onderwerp: Jesus....`n Leefstyl Keuse!!! - wat ook die credo van Harmonie Gemeente is.
Daar is niks wat jou so nader trek aan God as `n uitdaging in jou lewe nie. `n Krisis in jou lewe veroorsaak dikwels dat jy die aangesig van God soek. As `n krisis in jou lewe jou nader aan God gebring het, dan ten minste was dit die moeite werd.
Dikwels is dit presies wat God daardeur wil bereik.
Hy wil by jou uitkom, tot jou deurdring, om `n totale oorgawe aan Hom te maak en jou omstandighede vir Hom te gee. Hy wil jou op die plek bring waar Hy regtig die enigste oorblywende opsie is.