Boodskappe uit die Woord

Boodskappe uit die Woord

By Harmonie GemeenteReligion & Spirituality
Download on the App Store

Boodskappe uit die Woord episodes

  • Tweedehandse Geestelikheid, Rocco van Rooyen - 25 Julie 2021
    Hierdie naweek is ons bevoorreg om ons Sondagboodskap van Rocco te hoor – al sit hy tans in Tokio by die Olimpiese Spele! Rocco sal van tyd tot tyd inloer.
    Rocco sê: As volgelinge van Christus, het meeste van ons waarskynlik al goeie pogings ingesit om alleentyd met God te spandeer, en tog sukkel ons. Want ons is almal besig. Maar, ons is slim, so ons maak planne, en deesdae is dit net soveel makliker – want ‘iemand ander’ kan mos vir ons ‘instaan’ in hierdie spasie.
    Dis tog per slot van rekening waarom ons predikers betaal? Of is dit nie waarom ons Christelike boeke lees nie? Ons kan mos sommer nét by hulle leer.
    Is dit jou ervaring, is dit hoe jy jouself geestelik voed, bou, groei, versorg?
    Is jou geestelike ervarings dalk so bietjie tweedehands?
    Ek wil jou graag uitdaag met hierdie gedagte: Sal dit goed wees vir jou siel as jy van die belangrikste aspekte van jou lewe oorgee aan iemand anders?
    Ek gaan vir jou ‘n paar belangrike “gereedskapstukke” gee om jou te help met ‘n Eerstehandse persoonlike ervaring saam met Jesus Christus!
    19 min
  • Kweekhuis van die hart - Hugo Weich, 18 Julie 2021
    Ons weet almal mens maai wat jy gesaai het. Dis ‘n natuurwet – dis nie onderhandelbaar nie.
    En tog, ons weet dit wanneer ons grond wil bewerk, maar is geneig om dit te vergeet wanneer ons ons hart bewerk.
    Ek gaan saam met jou bietjie aan ons harte dink as 'n kweekhuis. Indien die hart 'n kweekhuis is en ons gedagtes die saad, moet ons nie dan baie meer versigtig wees wat ons saai nie? Moet ons nie kieskeurig wees oor die saad wat ons in ons kweekhuis toelaat nie? Moet daar nie dalk selfs 'n wag by die deur wees nie?
    Hoe belangrik is dit dat ons ons harte moet bewaak?
    Spreuke 4:23 sê: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Of soos dit in die Ou Vertaling staan: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”
    22 min
  • Hart Soos Syne - Rocco van Rooyen, 11 Julie 2021
    "Wat sal gebeur as Jesus vir ‘n dag lank JY- sou word?
    Wat sal gebeur as Jesus in jou bed sou wakker word, in jou skoene sou rondloop, in jou huis sou bly, en jou program sou volg?
    Alles bly dieselfde. Jou gesondheid verander nie. Jou omstandighede verander nie. Jou dagprogram bly presies dieselfde.
    Net een verandering vind plaas!
    Wat sal gebeur as Jesus vir een dag jou lewe sou leef - maar…met sy hart?
    Met ander woorde: Jou hart kry die dag af, en jou liggaam en lewe word nou gelei deur die hart van Christus.
    Wat sal mense dan "anders" agterkom van jou?
    20 min
  • Jou beloofde land - Rocco van Rooyen, 27 Junie 2021
    Met ons reis hier op aarde om uit te vind waar ons "beloofde land" lê ...die Land van Melk en Heuning wat God vir ons (Sy kinders) beloof om in te laat gaan wanneer ons in gehoorsaamheid stap…Daardie plek, letterlik of figuurlik, daardie deurbraak waarvoor jy wag en bid...gaan daar natuurlik ook allerhande beproewings wees, en dit is okay…weet jy, dis eintlik meer as okay!
    24 min
  • Wat leer ek uit my beproewings? - Francois Mouton
    Ons almal gaan op een of ander stadium in ons lewens deur moeilike tye.
    Miskien is dit jou huwelik, jou finansies, dalk is dit jou gesondheid. Wat jou beproewing ookal mag wees, een van die eerste vrae wat gewoonlik opduik wanneer `n mens daaroor praat is die volgende: “Wat is die doel daarvan in ons lewens?”
    In Jakobus 1 praat die apostel oor beproewings in die lewe en hy gee `n pragtige verduideliking oor hoekom ons as kinders van die Here hierdie moeilike tye in ons lewens moet ervaar.
    Ons gaan so bietjie kyk na Jakobus se raad hieroor - maar meer spesifiek, wat ons kan leer uit ons beproewings. Spurgeon het gesê: "So seker as wat God se kinders in die vuuroond beland, net so seker is Hy daarbinne by hulle!"
    Die diens sal Sondag oggend van 07:00 op al ons platforms beskikbaar wees.
    21 min
  • Moenie so haastig wees nie! WAG!
    Hugo Weich praat oor die onderwerp: Moenie so haastig wees nie, WAG!
    Maar, hoe wag ‘n mens op God? Hy’s dan altyd daar!
    Het ons nie dalk ‘n verkeerde perspektief nie?
    Is dit nie dalk eerder God wat besig is om vir ons te wag nie?
    Stel Hy nie dalk die vervulling van beloftes of antwoorde op gebede uit, omdat:
    Hy wag tot ons gehoorsaam word nie?
    Hy wag dat ons, ons eie agenda moet los nie?
    Hy wag, want Hy weet wat met my gaan gebeur, as ek nou die begeerte van my hart kry?
    Maar, een ding is baie duidelik uit die Woord; en met duidelike riglyne hoe ons op die Here moet wag, en dit gee tog die gerusstelling dat Hy verstaan. Hy ken die mens en God is aan die anderkant van ons wag!
    Psalm 27:14 “Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!”
    24 min
  • Herlen jy nog die Gees se stem?
    Herken jy nog die Gees se Stem in jou lewe?
    Maar eers ‘n paar vrae...voordat ek ‘n paar antwoorde deel.
    Ek wil hê jy moet gaan ontdek in die weke wat voorlê, tot wanneer ek die Woord bring en daarna...
    In verband met die volgende vrae:
    * Hoe praat die Gees van God met ons?
    * Wanneer praat God?
    * Praat Hy met almal?
    * EN – die groot vraag: As God sou praat, wat is dit wat ek/jy sou wou hoor?
    Is dit waarskynlik net vrae oor my lewe en my goeters, my behoeftes?
    EN - Sal ons luister?
    Het God al met jou gepraat? – Hoe het dit gebeur....?
    Moenie hierdie Woord misloop nie, vir Sondag 30 Mei 2021! Hiermee sluit ons die spesiale reeks oor Pinkster af.
    “We need to find God, and He cannot be found in noise and restlessness. God is the friend of silence. See how nature grows – trees, flowers, grass grows in silence; see the stars, the moon and the sun, how they move in silence... We need silence to be able to touch souls” Moeder Teresa
    23 min
  • Genadegawes op steroides! - Rocco van Rooyen
    Paulus het met skok kennis geneem van ‘n kritiese situasie in die Korintiese gemeente. Hy het ingegryp en dadelik ‘n klomp selfsugtige Christene op die werk van die Heilige Gees gewys. En hy stel die Heilige Gees aan hulle voor as Goddelike liggaamsbouer, jy lees dit veral in 1 Kor 12:14.
    In Korinte het sommige gemeente lede begin dink hulle is die belangrikste en dat al die aandag daarom op hulle moes val. Die soeklig het weg van God geskuif. Op die ou end het dit gelei tot ‘n liggaam wat in duisende stukke geskeur is met al die ledemate op verskillende hopies.
    As deel van die Heilige Gees se liggaamsbou program om Sy kerk uit die intensiewe sorgeenheid te kry, deel Hy geskenke aan ons uit (1 Kor 12:1-11) Paulus noem hierdie geskenke Genadegawes.
    Rocco Bosman van Rooyen gaan hierdie gedagte oor die Gees se Genadegawes mooi vir ons uitpak sodat ons dit goed kan verstaan.
    1 KORINTIËRS 12:12 NLV “Die menslike liggaam het baie ledemate, maar hierdie baie ledemate vorm almal saam net een liggaam. So is dit ook met Christus se liggaam.”
    22 min
  • God se nuwe weg van Genade - Rocco van Rooyen
    "Ek en jy wat in Christus glo, het die Heilige Gees as spesiale onderwyser – ‘n Heilige Gees wat voltyds aan diens is; 24 uur, 7 dae per week, 365 dae per jaar – Hy sorg dag en nag dat ons in die volle WAARHEID gelei word. Nie enige waarheid nie – die volle waarheid – Sy waarheid. "
    11 min

About Boodskappe uit die Woord

From the publisher's feed

Podcast by Harmonie Gemeente