Boodskappe uit die Woord

Boodskappe uit die Woord

By Harmonie GemeenteReligion & Spirituality
Download on the App Store

Boodskappe uit die Woord episodes

  • Word gelei deur die Heilige Gees.
    Hoogtepunte in die lewe is ‘n wonderlike ervarings. Somtyds is dit klein goedjies wat gebeur; ander kere is dit enorme goed wat jou opgewonde en bly maak. Dis iets wat onthou word en die soet smaak daarvan bly lank in die mond.
    Maar dan gebeur die lewe en dis so asof niemand “dit” vryspring nie... – die lewe het ‘n manier om ons soms in doodloopstrate te laat beland. Op slegte plekke in ons lewe as’t ware neer te gooi, waar ons nie weet watter kant toe nie. Ewe skielik is ons vreugde bietjie weg en ons lied klink heel anders!
    Dis die tye wanneer alles vir ons duister lyk; ons eie lewens, ons toekoms enons hoop vir ‘n uitkoms of beter lewe.
    Dan is dit maklik om te wonder oor Waar is God? Weet Hy ooit waar ek is? Gee Hy regtig om? Sal Hy uitkoms gee? Of het Hy dalk van my vergeet?
    Waar is die Gees van God – wat binne my is?
    14 min
  • Wat het ons in Christus?
    Wat het ons in Christus?
    Dis 'n feit: Ons onderskat daagliks en grootliks die krag wat daar is in wat Jesus Christus vir ons kom doen het.
    Dalk het ons dit net al te veel keer gehoor en nie genoeg die uitwerking daarvan gesien in mense se lewens nie?
    Dis belangrik dat ek en jy weet: God het alreeds voorsiening getref!
    Kyk die boodskap met Rocco van Rooyen waar hy gesels uit die Woord oor wat ons elkeen wat glo, werklik in Jesus Christus het!
    Deel asb met al jou vriende!
    •Johannes 6:35 : Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger word nie; en wie op My vertrou, sal nooit weer dors kry nie.
    22 min
  • Wil jy gehelp word?
    Wil jy gehelp word?
    Het jy agtergekom dat dit maklik is om soms net vas te val in iets – of op ‘n spesifieke plek in jou lewe? Amper so plek waar dit voel of die “dinge” – wat dit ookal is; jou net daar vashou! Dit voel of jy in ‘n groef met iets verval en jy weet nie of jy daar kan uitkom nie en hoe om daar uit te kom nie.
    Die groot dilemma is dat ons hierdie toestand soms eers agterkom byna wanneer dit te laat is... En, die areas in ons lewe van vasval, raak naderhand vir ons so normaal dat ons soms eerder leef met of in daardie slegte situasie as om iets daaraan te doen, om onsself daaruit te kry.
    Kom ons hoor watter raad die Woord, Jesus self vir ons hieroor bied!
    Wil jy gehelp word?
    23 min
  • Tussen aksie en reaksie!
    AS ek en jy op ‘n aanhoudende soektog is om aanstoot te neem of ongelukkig te raak oor iets, dan gaan ons ALTYD kry waarna ons soek...
    En is dit regtig die moeite werd?
    Daar’s ‘n gaping TUSSEN ons AKSIES en die REAKSIES daarop – die vraag is: Waarmee VUL ons daardie gaping? Kom ons hoor wat sê die Woord hieroor.
    Luister Sondag se boodskap met Erastus Beukes waar hy gesels uit die Woord oor wat gebeur tussen 'n aksie en reaksie!
    SPREUKE 10:12 'Haat bring rusie. Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.'
    ONTHOU om aan te sluit by die platform van jou keuse om na die boodskappe te luister op; Spotify, Google Podcast, SoundCloud & Apple Podcast.
    22 min
  • Vol! - Hugo Weich
    Baie van ons bestaande lewensruimtes is beset met onnodige dinge wat nie ewigheidswaarde het nie. Dinge wat ons somtyds vir jare saamdra en ons uitmergel en spasie beroof wat beset kon wees deur die Heilige Gees.
    Hoe vol is jy van die Heilige Gees?
    Luister Hugo Weich se boodskap uit Handelinge 6.
    18 min
  • Wees stil my siel!
    Wees stil my siel!
    Hoeveel keer in jou lewe steel iets jou vrede, jou rus, jou saligheid?
    Is dit die duiwel?
    Is dit dalk iemand?
    Of is dit soms jy self, wat net te hard is op jouself?
    Kom kuier saam met Rocco Bosman van Rooyen in die Woord en kom ontdek hoe "die Koninkryk van God" jou antwoord is en dat die Koninkryk van God (en die deurbrake waarvoor jy vertrou) nie daar vér is soos ons dikwels gaan soek nie, maar dalk...hier reg onder jou neus!
    Ons vertrou saam vir n geseënde aanlyn diens wat harte en lewens gaan verander.
    19 min
  • Onverwagte Kruishout
    Hugo Weich praat met jou op Goeie Vrydag oor die Onverwagte Kruishout!
    “En toe hulle uitgaan, kry hulle ‘n man van Cirene met die naam Simon; Hom het hulle gedwing om Sy kruis te dra!” Matt 27:32​
    Nou kom die groot vraag: Is ons werklik vry van ‘n kruishout? Hoe moet ek dit reg verstaan?
    Want ek weet die volle prys is betaal vir my skuld? Die Here Jesus het eenmaal gesê: As iemand agter my wil aankom moet Hy homself verloën, sy kruis opneem en my volg”
    23 min
  • Nuwe Hoop
    Rocco Bosman van Rooyen bedien die woord en die tema is: "Nuwe Hoop - van doodloop na oorloop"
    31 min

About Boodskappe uit die Woord

From the publisher's feed

Podcast by Harmonie Gemeente