Hoogtepunte in die lewe is ‘n wonderlike ervarings. Somtyds is dit klein goedjies wat gebeur; ander kere is dit enorme goed wat jou opgewonde en bly maak. Dis iets wat onthou word en die soet smaak daarvan bly lank in die mond.
Maar dan gebeur die lewe en dis so asof niemand “dit” vryspring nie... – die lewe het ‘n manier om ons soms in doodloopstrate te laat beland. Op slegte plekke in ons lewe as’t ware neer te gooi, waar ons nie weet watter kant toe nie. Ewe skielik is ons vreugde bietjie weg en ons lied klink heel anders!
Dis die tye wanneer alles vir ons duister lyk; ons eie lewens, ons toekoms enons hoop vir ‘n uitkoms of beter lewe.
Dan is dit maklik om te wonder oor Waar is God? Weet Hy ooit waar ek is? Gee Hy regtig om? Sal Hy uitkoms gee? Of het Hy dalk van my vergeet?
Waar is die Gees van God – wat binne my is?