Wil jy gehelp word?
Het jy agtergekom dat dit maklik is om soms net vas te val in iets – of op ‘n spesifieke plek in jou lewe? Amper so plek waar dit voel of die “dinge” – wat dit ookal is; jou net daar vashou! Dit voel of jy in ‘n groef met iets verval en jy weet nie of jy daar kan uitkom nie en hoe om daar uit te kom nie.
Die groot dilemma is dat ons hierdie toestand soms eers agterkom byna wanneer dit te laat is... En, die areas in ons lewe van vasval, raak naderhand vir ons so normaal dat ons soms eerder leef met of in daardie slegte situasie as om iets daaraan te doen, om onsself daaruit te kry.
Kom ons hoor watter raad die Woord, Jesus self vir ons hieroor bied!
Wil jy gehelp word?