Boodskappe uit die Woord

Boodskappe uit die Woord

By Harmonie GemeenteReligion & Spirituality
Download on the App Store

Boodskappe uit die Woord episodes

  • Vreemdelinge EN BYwoners
    Hugo Weich se boodskap word gerig aan Vreemdelinge, Bywoners – Reisigers na ‘n ander land.....
    HEBREËRS 11:13​ 'In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was....... '
    Gelowiges se visie is gerig op ‘n ander wêreld en ons is eintlik vreemdelinge wat op pad is na ‘n nuwe Vaderland! Vir ons beteken die vooruitsig van ‘n “ander Vaderland” natuurlik die vooruitsig na Christus se wederkoms!
    Leef jy nog as ‘n vreemdeling in hierdie wêreld of het jy dalk verslaaf geraak aan die aardse lewe!
    I PETRUS 2:11​ 'GELIEFDES, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel.'
    18 min
  • Tussen Jou En God.
    Daar is baie dinge in `n mens se lewe wat kan maak dat jy nie vir God in Sy volheid kan ervaar nie; dinge wat kan wat maak dat jy soms voel asof jy nie kan deurbreek na God nie.
    Ons wil almal graag duidelik hoor wat Sy plan vir ons lewens is, ons wil graag ervaar hoe Hy deur Sy Woord met ons praat. Maar dit is die ideaal.
    Ongelukkig is daar ook `n realiteit en dit is dat daar soms dinge in `n mens se lewe teenwoordig is, of nie is nie, wat veroorsaak dat daar `n obstruksie of `n hindernis kom tussen ons en God. En skielik voel dit vir ons asof ons gebede nie verhoor word nie en ons voel eintlik deur God verlate.
    Jesaja 59 AFR53 (2) maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
    20 min
  • Gees VS Vlees
    In die "Gees" of in die "Vlees"?
    Vryheid of veroordeling?
    Binne die lyne of buite die lyne van waar God ons lei?
    Kom kuier saam Rocco uit die Woord oor hoe ons te werk kan gaan om eerder die spreekwoordelike groot en pragtige tuin van Eden en skepping van God in vryheid kan geniet, en hoe ons naby aan God met vrymoedigheid kan leef, in plaas daarvan om altyd te neig na die een boom wat ons nie mag eet van nie!
    26 min
  • Net Een Aanraking!
    In LUKAS 7:11-17 loop Jesus hom vas in ‘n begrafnisstoet, in ‘n enkel moeder, ‘n weduwee.. En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesê: Moenie ween nie! En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak.
    Die emosie wat Jesus hier gewys het – is dieselfde innige omgee liefde wat Hy ervaar wanneer jy seerkry...; wanneer jy pyn ervaar, wanneer jy struggle, wanneer jy bang is, wanneer jy sukkel in jou huwelik, wanneer jy sukkel om jou skuld en rekeninge te betaal en jy weet nie hoe jy dit gaan doen nie...
    Oomblikke terug het hierdie vrou NIKS oorgehad nie, maar met EEN-aanraking van die Here Jesus, verander haar hele lewe! Dieselfde Here kan met een Aanraking ook jou hele lewe verander.
    26 min
  • Hy wie U liefhet!
    Verstaan jy God se liefde?
    Dit is soms moeilik om God se perfekte liefde te verstaan. Maar ons kan baie leer uit die lewe van Jesus en wat Hy gesê het.
    Erastus Beukes gesels met jou oor: "Hy wie U liefhet". Maak seker jy neem tyd om daarna te luister, dalk verbaas God se liefde, vir 'n vuil wêreld, jou!
    18 min
  • Jou krag lê in vandag!
    Het jy al ooit so opgewerk geraak oor more en oormore se worries, dat jy skoon vergeet het om vandag te lewe?
    Ek bedoel soos in regtig te LEWE?!...Oorvloedig en met vreugde!?
    Wat het Jesus vir Sy dissipels op die boot geleer toe daar n groot storm was en hulle so bang was?
    Kom kuier saam in die Woord met Rocco Bosman van Rooyen en kom ontdek saam die "lewe in oorvloed" wat die Here vir ons bedoel het om elke dag in te lewe!
    PSALMS 118:24 NLV
    Dit is DIE DAG wat die Here gemaak het. Laat ons DAAROOR juig en bly wees.
    17 min
  • Kruip daar dalk 'n slaafgees in jou hart weg?
    Hugo Weich praat met ons oor die verlore seun, MAAR EINTLIK oor sy boetie – die een wat in die huis agtergebly het.... en onthou; Jesus het gelykenisse vertel sodat dié wat daarna luister waarskynlik met ‘n karakter in die verhaal kan identifiseer.
    Het jy al hierdie “anderkant” van die verhaal oordink; kom luister gerus na as ons Lukas 15 vertel soos jy dit dalk nog nie van te vore gehoor het nie, en antwoord dan die groot vraag wat ons stel: “Kruip daar dalk iewers in jou hart ‘n slaafgees weg? “
    26 min
  • Hoe lyk jou geestelike groei sonder die kerk?
    Hoe lyk jou eie geestelike groei sonder die “kerk”?
    Dis beslis ’n relevante vraag om te vra – maar ek is oortuig dat jy werklik nodig het om dit vir jouself te antwoord, want dit is beslis ons realiteit op die oomblik!
    Niemand plant ʼn boom om NIE te groei NIE; groei is belangrik. Dis ’n natuurlike verwagting, en - ons hou van groei, ons verwag groei.
    Maar tog beskou ons geestelike groei dalk nie so erg of so natuurlik nie.
    Wat sê die Woord oor ons Geestelike groei?
    24 min

About Boodskappe uit die Woord

From the publisher's feed

Podcast by Harmonie Gemeente