Daar is baie dinge in `n mens se lewe wat kan maak dat jy nie vir God in Sy volheid kan ervaar nie; dinge wat kan wat maak dat jy soms voel asof jy nie kan deurbreek na God nie.
Ons wil almal graag duidelik hoor wat Sy plan vir ons lewens is, ons wil graag ervaar hoe Hy deur Sy Woord met ons praat. Maar dit is die ideaal.
Ongelukkig is daar ook `n realiteit en dit is dat daar soms dinge in `n mens se lewe teenwoordig is, of nie is nie, wat veroorsaak dat daar `n obstruksie of `n hindernis kom tussen ons en God. En skielik voel dit vir ons asof ons gebede nie verhoor word nie en ons voel eintlik deur God verlate.
Jesaja 59 AFR53 (2) maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.