Boodskappe uit die Woord

Boodskappe uit die Woord

By Harmonie GemeenteReligion & Spirituality
Download on the App Store

Boodskappe uit die Woord episodes

  • Terugblik. - Rocco van Rooyen, 16 Desember 2021
    “Terugblik” is ‘n gedagte waar ons die Here gaan vertrou om ons te help en helder visie vir die toekoms te gee. Om nie terug te val op foute van die verlede nie, maar om dit wat ons daaruit geleer het, te kan toepas, en selfs ander mense te kan help deur ons eie ervaringe.
    19 min
  • Balans Van Genade. - Rocco van Rooyen, 5 Desember 2021
    Dalk gaan dit nie so goed met jou op die oomblik nie. In die geval is daar nie ‘n beter tema, indien jy dit reg verstaan en toepas – as GOD SE GENADE nie! Dis wat jy nodig het vir daardie deurbraak. SY GENADE IS GENOEG VIR JOU! Wat beteken God se genade elke dag vir jou en wat moet ons daarmee doen?
    20 min
  • Hoe lank moet ek nog wag Here? - Sonja Goldberg, 28 Nov 2021
    Het jy al ‘n opname gedoen van hoe baie jy vir dinge moes wag in jou lewe? Om te wag is nie iets wat ons mense maklik kan doen nie. Alles is deesdae vinnig. Maar hoe gemaak as jy geen ander keuse het nie? EN waar is God in my “gewag” Hoe en wat kan ek doen terwyl ek wag?
    "Always remember, if its not God’s time, you cannot force it. When it is God’s time, you cannot stop it."
    19 min
  • Die sleutel na meer!
    Meer, meer wat? Sukses? Geld? Gewildheid? Ons almal hou van “meer”! Maar Sondag gaan meer oor die sleutels van God se Koninkryk, wat dit vir ons oopsluit….; die sleutels wat sekermaak dat ek en jy kan “Stap soos wat ons geroep is om te stap…”
    Dat jy effektief in God se Koninkryk kan wees! Aan die einde van die boodskap gaan Rocco afsluit met die heel belangrikste sleutel vir ons almal...
    19 min
  • Woonderwekrk
    Elkeen van ons het waarskynlik een of ander wonderwerk nodig – ek weet – ek het?
    EFÉSIËRS 2:10 AFR53 sê: “Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.”
    Ons lees en ken ‘n klomp wonderwerke in die Evangelies – Jesus het veral van Sy wonderwerke in Kapernaum gedoen, Hy is ‘n God wat wonderwerke doen, maar ek het heel dikwels gevind dat Hy inbeweeg in die donkerste van plekke en die deurmekaarste van situasies waar dit onaangenaam is – en dan vertoef Hy graag daar, en juis DAAR word Sy heerlikheid sigbaar!
    20 min
  • Moenie snoei nie, Here! - Hugo Weich, 17 Oktober 2021
    Kyk maar self in jou nuwe somertuin - die plante lyk waarskynlik mooi – die bome lyk goed en groot, die struike is vet en gesond en alles groei behoorlik die hele plek vol! Gelukkige het ons NIKS snoeiwerk gedoen nie – ons hou van die oorvol, oorgroot oerwoud nes dit is...?
    Dalk lê die gevaar juis daarin dat ons selfs in ons eie lewens, die korttermyn gemak (sonder pyn)- bo langtermyn voordele kies. Dalk moes ons maar liewer snoeiwerk gedoen het!
    19 min

About Boodskappe uit die Woord

From the publisher's feed

Podcast by Harmonie Gemeente