Is Ek Op Die Regte Plek?
Daar's 'n oomblik wat ons amal al op 'n tydstip beleef het: jy staan in die kombuis, of staan in 'n ry by SPAR, of sit agter 'n rekenaar, of in 'n kerk, en 'n stemmetjie vra of jy nie eintlik êrens anders moet wees nie.
Elia voel verlate onder ’n besembos (1 Kon. 19:4).
Moses swerf in die woestyn ver weg van sy mense (Num. 11:15).
Jona vlug van die bose stad Ninevé (Jonah 4:3).
Job sit op die ashoop (Job 3:11).
Jeremia in treur oor die sonde van sy volksgenote wat nie wou luister nie (Jer. 20:14). Paulus onder ondraaglike druk (2 Kor. 1:8).
Ons kyk na drie mense wat nooit eers tyd gehad het om die vraag te vra nie – 'n seun met padkos, 'n diensmeisie sonder naam, 'n skinker in 'n vreemde land .
Meeste Bybelse karakters het nie geweet hulle gaan geskiedenis maak nie. Hulle was net beskikbaar presies op die plek waar God hulle geplaas het.
https://www.harvestercederberg.co.za/jy-is-presies-op-die-regte-plek-waar-jy-moet-wees/