Skole gaan glo die laaste wees om weer oop te maak na die staat van inperking, sê die minister van onderwys. Intussen skarrel skole en ouers om hul kinders aan die leer te hou. Hoewel baie kinders dit aanlyn doen, is daar talle wat nie toegang tot die internet het nie. Hoe gemaak met hulle, het Nuuspod aan Paul Colditz van Fedsas gevra.