Nuuspod

Nuuspod

By Izak Du PlessisNewsNews Commentary
Download on the App Store

Nuuspod episodes

  • Wie is Ace Magashule?

    Die skrywer van die boek Gangster State, Pieter-Louis Myburgh, gee agtergrondinligting oor die man wat met van die grootste korrupsie in die land verbind word.

    41 min
  • Sal die ANC skeur?

    Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee hou die naweek ‘n buitengewone vergadering en die verwagtinge is dat daar vuurwerke gaan wees. Dit volg na president Cyril Ramaphosa se brief aan die ANC waarin hy korrupsie voor die deur van die party self lê. Boonop moet sekretaris-generaal Ace Magashule voor die integriteitskomitee verskyn. Die president, wat volgens alle aanduidings ‘n beleërde man op die oomblik is, het die noodwendige reaksie vanuit die party met sy brief ontlok. Eers het Tony Yengeni hom sommer blatant gevra om self opsy te staan, soos wat hy ander partylede aanbeveel het. En oudpresident Jacob Zuma het in ’n brief aan Ramaphosa skerp te velde getrek teen wat hy gesê het. Volgens Zuma plaas dit die party in ’n onhoudbare situasie. Daar is selfs sprake van ’n skeuring te midde van die gebeure. Om te hoor of dit so is, praat Nuuspod nou met die politieke ontleder Roland Henwood aan die Unviersiteit van Pretoria.

    28 min
  • Net 'n bietjie privaatheid vir my dogtertjie: Die drome van backyard dweller
    Die Wes-Kaap word deur talle mense voorgehou as ’n paradys met ’n heelwat beter infrastruktuur as die ander provinsies in Suid-Afrika. ’n Mens sien dit oombliklik raak as jy ’n Wes-Kaapse dorp binnery. Skoon strate, strate sonder slaggate, netjiese dorpe. Maar die provinsie het ook sy kopsere. Een daarvan is werkloosheid en ’n tekort aan behuising. Die gevolg is onwettige grondbesettings en ander vorme van onwettige behuising. Beloftes van behuising deur die staat realiseer ook nou al jare lank nie. Mense sonder heenkome word dus net meer en die armoede al hoe groter. Nuuspod het Cloetesville in Stellenbosch besoek om self te sien hoe erg die probleem is en die verslag saamgestel.
    16 min
  • Die ANC wankel, maar Cyril is sterker as wat baie dink - in gesprek met prof Dirk Kotzé

    As ’n mens uitsprake op sosiale media asook berigte in die hoofstroom-media moet glo, is die ANC in die moeilikheid na die party se swak hantering van Covid19. Om alles te kroon word bedrog en korrupsie met hulpfondse bykans daagliks blootgelê. Dit het daartoe gelei dat Twittergebruikers die hashtag VoetsekANC begin versprei het. Suid-Afrikaners is ook verontwaardig oor die gebrek van optrede deur president Cyril Ramaphosa. Nuuspod het in die lig hiervan aan prof. Dirk Kotze, politieke ontleder aan Unisa, gevra of die party probleme het.

    33 min
  • Die Wes-Kaap is net 'n paradys vir die wat ryk en/wit is - 'n gesprek oor ongelykhede en armoede met Quinton Adams

    Daar heers 'n vuurwarm debat oor die afstigting van die Wes-Kaap. Die redes wat aangevoer word is beter infrastruktuur en dienslewering. Op die wyse word die Wes-Kaap voorgehou as 'n paradys teenoor die res van die land. En dit lyk inderdaad soos 'n ander wêreld in Wes-Kaapse dorpe. Maar net tot jy dieper begin krap. Arm woonbuurte lyk nie soos ander woonbuurte in die Kaap nie. Inteendeel, hier heers dieselfde soort verval, slaggate, strate wat riviere van riool is, huise wat oorstroom word deur riool. Dit laat sommige mense meen die Wes-Kaap bestaan uit enklawes wat net vir ryk mense en wit mense beskore is. Nuuspod het aan die sielkundige Quinton Adams, bekend as The Shack Builder, gevra hoe groot en wyd die probleem van armoede in die Wes-Kaap strek. Dit is die eerste in 'n reeks gesprekke wat Nuuspod oor die onderwerp gaan voer. As jy die rou werklikheid van armoede in die Wes-Kaap so bietjie beter wil verstaan, moet jy die onderhoud luister. 

    41 min
  • Nou gaan die twak eers spat!
    Die verbod op sigaretverkope tydens fase vyf tot drie van die grendeltydperk het die onwettige sigaretbedryf ’n groot hupstoot gegee. Miljarde rand se wins is gemaak en die staat het ’n enorme verlies aan belastinginkomste gely. Die skrywer en oud-inkomstediensman, Johan van Loggerenberg, het aan Nuuspod gesê die verbod het ’n reeds wankelende stryd teen smokkelhandel verder verdiep, met nuwe rolspelers wat tot die kryt toegetree het.
    45 min

About Nuuspod

From the publisher's feed

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.