
Sign up to save your podcasts
Or


In die uitgawe van Nuusbril bespreek Christo van der Rheede en Jody Hendricks BLM, Plaasaanvalle, korrupsie, die sluiting van skole.
Die 82-jarige oom Andries Truter van Huis Mostertshoek op Wolseley in die Wes-Kaap, is die week genees van Covid19. Hy word beskryf as die bejaardetehuis se eerste oorwinnaar van die siekte. Nuuspod het met hom en sy versorger Karin Lintvelt Klopper gepraat. Luister tot die einde om te hoor hoe oom Andries uit pure dankbaarheid bekfluitjie speel.
Marlize Burger van die plaas Eureka tussen Wepener en Hobhouse was vir jare lank onvrugbaar. Net toe hulle hoop verloor het op die moontlikheid dat sy swanger kan raak, toe kry sy die grootste verrassing van haar lewe deur middel van 'n skaapskandeerder. Nuuspod het aan haar gevra wat gebeur het.
In n bejaarde oomblik het ek hierdie week my hand gebreek of erg verstuit. Ek het begin met Volk Jou Ook 16 maar na 4 songs was dit bietjie erg vir die rekenaar werk. Ek het daarna toe maar die heel Eerste Volk Jou Ook van 16 weke gelede opgelaai wat nog nie voorheen op Nuuspod beskikbaar was nie. Ons gedenk vandag wat Piet Botha se verjaardag sou wees. Daar is ook n lekker onderhoud met Anton Goosen wat aansluit by die vrystelling van sy biografie laas week saam met Hanlie Retief.
Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief. Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad. Nuuspod het 'n paar persoonlike vrae aan Anton gestel.
From the publisher's feed