
Sign up to save your podcasts
Or


'n Vlaag van geweldsmisdade teister Suid-Afrikaners die laaste tyd landwyd. Nuuspod het aan prof Rudolph Zinn van Unisa gevra of dit erger gaan raak en waarom daar soveel geweld by die jongste voorvalle betrokke is.
Volk Jou Ook 15 het weer n klomp vars Suid Afrikaanse musiek. Die program is hierdie week ongelukkig so bietjie korter danksy ESKOM se beurtkrag, met trots geborg deur die ANC, Suid Afrika se mees suksesvolle demokratiese party die afgelope 26 jaar.
Die oud-Proteakrieketspeler Boeta Dippenaar sê om BLM of enige ander kwessie met die nasionale te span te vereenselwig is ‘’n gevaarlike tendens. Dippenaar en ander oudspelers soos Rudi Steyn en Pat Symcox het hulle op sosiale media uitgelaat nadat die naatbouler Lungi Ngidi vandeesweek gesê het hy glo BLM-gesprekke sal in die Protea-kamp gevoer word. Die oudspelers sê boere moet ook ondersteuning kry en dat dit lyk of Ngidi sy standpunt op die span afdwing. Nuuspod het aan Dippenaar gevra hoe hy oor die saak dink.
’n Sweer van grootskaalse bedrog landwyd in die begrafnisbedryf is moontlik die teelaarde van 1,5 miljoen grafte wat in Gauteng gegrawe word. Dit is die mening van Johan Rousseau, die hoof van die sambreelliggaam vir onafhanklike begrafnisondernemers, Fira. Nuuspod het aan Rousseau gevra of soveel grafte regtig nodig is.
In Desember 2010 het ses plaasaanvallers die driejarige Willemientjie Potgieter en haar ma Wilna koelbloedig op hul plaas naby Lindley in die Vrystaat doodgeskiet. Willemientjie se pa Attie is wreedaardig met ’n tuinvurk vermoor. Vandag is Willemientjie een van die simbole van wat genoem word ’n aanslag op boere. Die sanger Piet Plagiaat het ’n liedjie ter nagedagtenis aan Willemientjie geskryf en Nuuspod speel dit te midde van ’n nuwe vlaag aanvalle op boere in die laaste tyd.
Kinders is die slagoffers van ’n hernieude vlaag van bendegeweld op die Kaapse Vlakte. In een van die jongste voorvalle is ’n sewentienjarige seun dood na hy en ’n vriend in kruisvuur tussen twee bendes beland het. Nathaniel Abrahams van Bonteheuwel is dood weens skietwonde aan sy kop. Volgens berigte is ’n elfjarige seun gewond tydens ’n soortgelyke voorval in Manenberg. Ander voorvalle is ook in Leonsdale en ander dele van die Kaapse Vlakte aangemeld. Nuuspod het met die DA wykraadslid, Angus McKenzie hieroor gepraat. Fotokrediet: Wanted in Africa
'n Vrou (44) van Grootvlei in Gauteng is dood en haar man wreed aangerand tydens 'n plaasaanval op Grootvlei in Gauteng. Hulle bejaarde moeder is ook tydens die aanval beseer. Marius Muller van Afriforum het aan Nuuspod vertel wat gebeur het.
'n Swanger vrou is tydens 'n plaasaanval op Weenen in die vroeë oggendure van 5 Julie vermoor. Annette Steyn van die DA vertel wat het gebeur.
Volk Jou Ook Episode 14 saam met Eckard Potgieter. Luister na goeie Suid Afrikaanse en veral Suid Afrikaanse musiek.
Die Britse liefdadigheidsorganisasie National Park Rescue sê hulle het sowat 350 olifantkarkasse van die begin van Mei af in die Okavango Delta in Botswana opgespoor. Volgens dr Niall McCann van die organisasie is die vrektes in Seronga onverklaarbaar. Intussen het die regering van Botswana ‘n verklaring uitgereik om te sê die getal is eintlik sowat 100 vrektes minder en dat hulle monsters van die karkasse geneem het om ondersoek in te stel na die vrektes. Meer as dit wil die regering nie bekendmaak nie. Nuuspod het aan André Botha van die Bedreigde Wildlewetrust gevra of hy iets meer weet
From the publisher's feed