Die fliek Losing Lerato se draaiboek is tydens die Ramsgate Internasionale Filmfees bekroon as beste draaiboek. Nuuspod het die draaiboekskrywer Ricardo Arendse gevra om kommentaar te lewer op die groot toekenning.
Deksametasoon, vroue en kinders, die verloop van Covid19 in SA, VBS Bank, plaasaanvalle en Donald Trump is van die kwessies wat in vandeesweek se program onder die loep kom.
Die infeksiespesialis dr Jantjie Taljaard van Tygerberg Hospitaal is versigtig optimisties oor deksametasoon wat kan help om Covid-19 pasiënte te genees. Nuuspod het met hom gepraat.
Freek Robinson, nuusleser, omroeper en skrywer, en Jaco Kleynhans van die Solidariteit Beweging bespreek die week se nuus. Die Konstitusionele Hof se beslissing oor die Kieswet, Cyril Ramaphosa se posisie in die ANC, die DA se optrede teen plakkers en polisiegeweld word onder die vergrootglas geplaas.
Mediaberigte die afgelope tyd sinspeel daarop dat pres Cyril Ramaphosa in 'n stryd om politieke oorlewing is. Prof André Duvenhage het 'n paar weke gelede al hieroor gewaarsku. Dit het tot 'n fel debat tussen hom en ander ontleders gelei. Nuuspod het hom genader vir sy reaksie op die jongste berigte.
In 1993 het die destydse minister van buitelandse sake, Pik Botha, 'n gedig aan Tossie Lochner, die radiojoernalis, geskryf. Gedagtig aan die tyd waarin ons leef, kon die gedig net sowel vandag geskryf gewees het. Luister hoe dra Tossie die gedig voor.