Nuuspod

Nuuspod

By Izak Du PlessisNewsNews Commentary
Download on the App Store

Nuuspod episodes

  • Dit het my strot afgeruk, sê wildboer oor inperking
    Die inperkingstyd in Suid-Afrika weens die Covid 19 pandemie het ‘n geweldige groot impak op wildboere en die jagbedryf spesifiek gehad. So sê die wildboer Wiaan van der Linde van Wintershoek Safaris in die Noord-Kaap. Die jagbedryf is met die aanvang van vlak 3 weer oop verklaar, maar menige wildboer is onseker oor die toekoms. Van der Linde het in die lig hiervan aan Nuuspod vertel wat hulle doen en hoekom dit moeilik gaan wees om weer kop op te tel.
    6 min
  • Nuusmaker: Makokou die gorilla

    Makokou,  die 35-jarige gorilla van Johannesburg Dieretuin, het die afgelope naweek 'n skandering ondergaan om hom voor te berei vir 'n operasie oor drie weke. 'n Dokter en twee verpleegsters van Zuid-Afrikaans Hospitaal het prof Gerhard Steenkamp, 'n veterinerêre tandarts en mond-en-kaak-sjirurg bygestaan om die gorilla van 200 kg onder narkose te plaas en te ondersoek. Prof Steenkamp vertel in kleurryke detail hoe die ondersoek verloop het. Regtig 'n heerlike bydrae om te luister. 

    11 min
  • Adam Tas wil boere se produkte goedkoper op jou tafel sit
    Die sanger Adam Tas maak planne om landbouprodukte goedkoper op verbruikers se tafel te sit. Dit volg na hy weens 'n inkomstetekort agv die inperking begin het om groente te verbou en te verkoop. Hy het aan Nuuspod vertel hoe sy planne, in samewerking met Saai, gaan werk.
    4 min
  • DA verwelkom plaaswagte na toename in plaasaanvalle
    Die DA sê hulle is bly dat plaaswagte weer operasioneel mag wees in die lig van 'n skerp toename in plaasaanvalle die afgelope week. Plaaswagte kon ingevolge inperkingsregulasies nie die afgelope twee maande plase patrolleer nie. Die skerp toename in plaasaanvalle sedert vlak 3 in werking getree het, noodsaak plaaswagte om aktief in hulle omgewing te wees sê die DA se skaduminister vir landbou, Annette Steyn.
    3 min

About Nuuspod

From the publisher's feed

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.