Makokou, die 35-jarige gorilla van Johannesburg Dieretuin, het die afgelope naweek 'n skandering ondergaan om hom voor te berei vir 'n operasie oor drie weke. 'n Dokter en twee verpleegsters van Zuid-Afrikaans Hospitaal het prof Gerhard Steenkamp, 'n veterinerêre tandarts en mond-en-kaak-sjirurg bygestaan om die gorilla van 200 kg onder narkose te plaas en te ondersoek. Prof Steenkamp vertel in kleurryke detail hoe die ondersoek verloop het. Regtig 'n heerlike bydrae om te luister.