
Sign up to save your podcasts
Or


Standbeelde van Jesus as ‘n wit man is ‘n vorm van wit meerderwaardigheid. Dit is die mening van die Amerikaanse Black Lives Matter aktivis Shaun King. King wil hê die standbeelde moet soos ander standbeelde wat met slawerny en rassisme verbind word, moet ook vernietig of verwyder word. King het die uitlatings op verskeie twiets oor geskiedkundige monumente gemaak. Die monumente is op die oomblik die fokuspunt van talle Amerikaners se toorn oor rassisme in Amerika wat vlam gevat het na die dood van George Floyd. King het die twiets opgevolg met ‘n verklaring dat Jesus ‘n leuen is wat aangewend word om Christenskap as ‘n voertuig van onderdrukking te vestig. Nuuspod het aan die professor Reggie Nel, dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, gevra wat hy van King se uitlatings dink.
David Osborne, 'n boer van Percy Fyfe naby Polokwane het die afgelope naweek plaasaanvallers laat les opsê. Hy het aan Nuuspod vertel hoe hy dit gedoen het
Volk Jou Ook het nou 'n permanente tuiste gekry op Nuuspod. Dit sal elke Saterdag verskyn met goeie Suid Afrikaanse en veral Afrikaanse musiek en Eckard Potgieter se opinie oor nuusgebeure van die afgelope week. Hierdie week se program is so net oor n uur lank maar van volgende week af sal dit die volle 2 ure duur.
Showmax se onttrekking van Leon Schuster se flieks, onder druk van die #BlackLivesMatter beweging, het die fliekwêreld geskud. Schuster vertel in 'n openhartige onderhoud met Nuuspod hoe hy hieroor voel.
From the publisher's feed