
Sign up to save your podcasts
Or


In die tweede deel van ons gesprek oor CapeXit, praat Nuuspod met die grondwetkenner prof Pierre de Vos oor die vraag of afstigting van die Wes-Kaap moontlik is.
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde sê ’n referendum om die Wes-Kaap van die res van SA te laat afstig is onsinnig en hy sal dit teenstaan. Die gedagte word nou al ’n tyd lank deur verskeie groepe soos die Cape Party voorgestaan en het veral in die laaste paar maande nuwe dryfkrag gekry. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus sê Winde se stelling wys waar die DA hom in die debat plaas en dat kiesers die party by die stembus hieroor sal straf. Nuuspod het aan Mulder gevra hoekom hy die idee van afstigting voorstaan.
In die derde deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met prof Erwin Schwella oor die sielkundige impak van korrupsie op individue en die groter samelewing,
In die tweede deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met oudbrigadier Stef Grobler, voormalige hoof van die polisie se teenkorrupsie-eenheid.
Gewone Suid-Afrikaners sit met hul hande in die hare oor korrupsie wat elke dag deur die media ontbloot en voorgesit word. Talle voel die land is klaar oor die afgrond. Maar hoe werk korrupsie? Nuuspod het met die hoof van Universiteit Stellenbosch se Sakeskool, prof Piet Naudé hieroor gepraat.
Maatskaplike toelaes, korrupsie, die jagverbod, wapenlisensies, natuurverskynsels en skole is op die spyskaar vir Nuusbril se paneel kundiges. Prof Juaneé Cilliers, Marlene van Staden en dr Liela Groenewald is die gaste.
Die redakteur van Beeld, Barnard Beukman, het aan Nuuspod verduidelik hoe die toekoms van nuusmedia lyk in die lig van talle publikasies se sluiting.
Sommer net n Lekker klomp Afrikaanse songs. Volk Jou Ook episode 3, Suid Afrikaanse (en bietjie internasionale) blues, is aan die einde hiervan aangeheg.
From the publisher's feed