Hoeveel waarde kan 'n mens heg aan die veelal-teorie, waarvolgens daar 'n oneindige aantal heelalle bestaan? Hoe kry groot bome dit reg om water tot bo op te suig en dit daar te hou? Waar het kraaie geleer om skilpaaie in die lug op te neem en dit op 'n harde oppervlak te laat val sodat die dop kan breek? En hoekom word insekte se pote in pare getel?