Agri Limpopo het die buurland se regering gevra om voorkeur te gee aan plaaswerkers wanneer die Covid-19-entstof versprei word. Die landbou-liggaam doen ‘n beroep vir alle noodsaaklike werkers om gelyke voorkeur te kry. Uitvoerende Hoof Deidré Carter wys daarop dat plaaswerkers steeds werk sedert vlak 5 van die inperking, en dat baie van hulle positief getoets het vir die siekte. Sy sê die bedryf het heelwat om by te dra om voedselsekerheid te verseker. Die liggaam is ook bereid om te help sodat alle plaaswerkers ingeënt kan word. Kosmos 94.1 Landbounuus sluit aan by Danie van Vuuren van die Namibiese Landbouwerkers Vereniging vir ‘n plaaslike perspektief...