Die Noord-Vrystaat is nie net bekend vir sy bydrae tot die landbousektor nie, maar ook vir die aantal profesionele rugbyspelers en spesifiek Springbokspelers wat die streek al opgelewer het. Twee van die bekendstes is sekerlik die Du Plessis-broers, Bismarck en Jannie. Jody Hendricks het met dr. Jannie du Plessis gepraat oor sy rugby- en boerderyloopbaan.