🎙️ JOU MEMOIRES | CHRISTINE SHAW
Hoe gemaak as jy te laat agterkom dat jy op die verkeerde trein is? Selfs ’n verkeerde afdraai is eintlik alles deel van jou storie! 😄
In hierdie episode gesels ek met Christine Shaw – skrywer, maatskaplike werker, psigometris, motiveringspreker en konsultant vir persoonlike groei en ontwikkeling.
Christine is die skrywer van Well, This Wasn’t on the Map en HOE VER NOG? – twee boeke wat jou op ’n besonderse manier na jou eie lewensreis laat kyk.
Ons praat oor vergifnis, wrokke, koers hou, herstel, taal en die stories wat ons oor onsself vertel. En natuurlik oor die gelykenisse en metafore waarmee Christine die alledaagse lewe op verrassende maniere verstaanbaar maak.
Ek het ná ons gesprek sommer anders gekyk na iets so eenvoudig soos om langs my dogter te staan terwyl sy leer parallel parkeer… 🚗😂 Want miskien is dit ook maar ’n metafoor vir ouerskap: jy kan nie die stuurwiel oorneem nie – jy kan net langsaan staan en dophou, en hoop sy hou binne die lyne.
En dan die vraag waarmee ek Christine aan die einde laat sit het:
“Ek moes hierdie boeke skryf, omdat…”
Wat sou jóú antwoord wees?
🎧 Luister na hierdie lekker gesprek oor stories, groei en die kronkelpaaie van die lewe.
📚 Well, This Wasn’t on the Map – Naledi Books
📚 HOE VER NOG? – Naledi Books
Boekbestellings:Well this was’nt on the map – Naledi Books HOE VER NOG? – Naledi Books#JouMemoires #ChristineShaw #Memoirs #Lewensverhale #PersoonlikeGroei #AfrikaanseBoeke #SkryfJouStorie #NalediBooks