Hoe moet ons maak, wanneer ons dwaalleer in die gemeente bemerk? Of as ons agterkom daar is valse leraars, bv. in die kerkverband? Judas lê vir ons die plan van aksie uit. Te midde van valse leraars moet ons (1) die woorde van die apostels onthou en (2) onsself in die liefde van God bewaar.